Thursday, June 10, 2010

Aandagafleibaarheids-sindroom...

Besig om te kyk op Supersport
hoe die Bokke die All Blacks breek.
Habana pas 'n drie gaan druk
en Morne natuurlik oor geskop !
My bloed is groen...
Springbokgroen..
Ons kry weer die bal,
Fourie du Preez systap na links,
reguit doellyn...my vrou stap kaal uit stort...
Dit is aandagafleibaarheid-sindroom.

Wednesday, May 26, 2010

Jesus liefde...

Om te gee,
om om te gee,
om te help,
om te luister,
om te wys jy het lief,
om te glo dat iemand jou ook lief het,
om regtig belang te stel,
om te doen wat Jesus sou doen in 'n situasie...
Dit is Liefde...Jesus liefde.

Sunday, May 23, 2010

Lewenswiel...

Die wiel van die lewe loop stadig,
maar seker.
Verseker is ons soms onder...
diep onder.
Dan draai hy stadig, en stadig, baie stadig,
begin ons weer asem haal.
Dit neem tyd,
en net God beheer daardie tyd,
die tyd van die wiel...

Monday, May 17, 2010

My eie blog...

Het my eie blog vandag begin...gaan hengeldinge, natuurdinge, diepdinge, humordinge, kroosdinge en Liewe Jesus-dinge met jul deel.